# Kaapstad is amptelik die wêreld se derde gelukkigste stad. TimeOut se geluksaanwyser is deel van die tydskrif se jaarlikse internasionale peiling om die wêreld se gelukkigste stad te bepaal. Dit word gegrond op faktore soos kultuur, naglewe, kos, staproetes, lewensgehalte en geluk. Die hoofstad van die Verenigde Arabiese Emirate, Abu Dhabi, is vanjaar se wenner, gevolg deur Medellin in Colombië. Mexikostad is vierde en Mumbai in Indië vyfde.
Kaapstad aangewys as wêreld se derde gelukkigste stad