# Solidariteit het ‘n ooreenkoms met die Amerikaanse onderneming Propay Prime beklink om Suid-Afrikaanse rekenaarvaardighede uit te voer, wat burgers toelaat om vir Amerikaanse ondernemings te werk terwyl hulle hier woon. Die plan gaan na na sektore soos finansies, ingenieurswese, onderwys en ontwerp uitgebrei word. Solidariteit se uitvoerende hoof, Dirk Hermann, beklemtoon die ooreenkoms maak dit moontlik om duisende werksgeleenthede sonder rassebeperkings te skep, deur van moderne tegnologie gebruik te maak en in dollar te verdien.