# Suid-Afrika se eerste plaaslik vervaardigde drie-dimensionele, volkoepel-wildlewe-fliek, Close Encounters, sal Saterdag sy nasionale première by die opgeknapte Wits Anglo American Digital Dome hê. Die fliek van 30 minute is volledig in die wildernis van KwaZulu-Natal verfilm, met behulp van gevorderde 360-grade-kameras om onder andere leeus, olifante, kameelperde in hul natuurlike omgewing vas te vang. Die film vier suksesverhale van bewaring in KwaZulu-Natal, insluitend arm landbougrond wat weer na natuurlike habitat herstel is.
SA se eerste drie-dimensionele, volkoepel rolprent maak sy buiging by die Wits Anglo American Digital Dome