# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is besig om te onderhandel met die ambassade van die VSA en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om verligting te kry van die onlangs ingestelde 30-persent tariewe op Rooibos-uitvoere. Rooibos, wat slegs in die Wes-Kaap gekweek word, word meesal in grootmaat na die VSA verskeep vir vermenging, verpakking en bemarking, wat dan daar werksgeleenthede skep. Die voorsitter van die raad, Dawie de Villiers, sê die beskerming van produsente en uitvoerders bly hulle belangrikste prioriteit:
Raad onderhandel met regering om verligting van 30% VSA tariewe te bekom [KLANK]
ENG DawieOnRooibosTariffs