Skip to content

Span SA beleef beste jaar op Internasionale Wiskunde-olimpiade in meer as 20 jaar

# Span Suid-Afrika het by die afgelope Internasionale Wiskunde-olimpiade in Australië geskiedenis gemaak met hul beste vertoning in meer as 20 jaar. Vyf van die ses leerders wat die land verteenwoordig het, het met ʼn bronsmedalje huis toe gekom. Die sesde een spog met ʼn welverdiende eervolle vermelding. Vyf van die leerders is uit die Wes-Kaap en die sesde een, Yian Xu van Redhill High in Johannesburg, is vereer as Afrika se beste vroulike wiskundestudent vir hoërskole.