Skip to content

SA dokumentêr wen prys op Cannes Indie-kortfilmfees

# ‘n Trots Suid-Afrikaanse dokumentêr, M.A.D Stories, het die prys vir beste dokumentêr gewen op die Cannes Indie-kortprentfees. M.A.D. staan vir Music, Art, and Dreams. Die regisseur is Mark Anthony en dis vervaardig deur Denis Leach met musiek deur Christopher Beukman. Die prent handel oor twee skeppende Kapenaars se toer deur Suid-Afrika se ondergrondse musiektoneel. Die dokumentêr word geloof vir sy rou en eerlike ontginning van vriendskap, identiteit, roem en die prys van ‘n kreatiewe lewe. Dis nou benoem vir die Tokio Indie-kortprentfees en Venesiese Kortprentfees.