Skip to content

New York Times plaas Kirstenbosch onder top-10 tuine in die wêreld

# Die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine in Kaapstad het die New York Times se lys van die tien beste tuine ter wêreld gehaal. Die tuin teen die oostelike hange van Tafelberg vertoon Suid-Afrika se unieke plantegroei, insluitend die fynbos-bioom en eeuoue broodbome. Die tuin is negende, net ná The High Line in New York, terwyl die Sissinghurst-kasteel in Cranbrook, Engeland, se tuin eerste op die lys is. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê Kirstenbosch is ‘n nasionale skat.