Skip to content

Boulders-strand is 12de onder wêreld se 50 beste strande

# Boulders-strand naby Kaapstad het van die 40ste plek in 2023 tot die 12de plek geklim op die 2025-lys van die wêreld se 50 beste strande. Die strand word erken vir sy warm water, goue sand en Afrika-pikkewyne wat aan besoekers ʼn magiese ondervinding bied. Dis is ook bekend vir sy beskutte inhamme en besondere natuurlewe-ervarings vir toeriste en plaaslike besoekers. Cala Goloritzé in Italië is boaan die lys, gevolg deur Entalula-strand in die Filippyne en Thailand se Bang Bao-strand.