# Die voormalige Bafana Bafana-kaptein, Lucas Radebe, is as Leeds United se eerste wêreld-ambassadeur aangewys. Die 56-jarige het die Engelse sokkerspan van 1994 tot 2005 gelei en in 262 wedstryde gespeel. Sy aanwysing as wêreld-ambassadeur erken Radebe se reusebydrae to die klub en sy gemeenskapsleierskap. Leeds is van die 2025/26-seisoen deel van die Engelse Premierliga ná sy outomatiese bevordering vanaf die Kampioenskapskompetisie. Radebe sê om erkenning te kry vir sy bydra tot die verbetering van gemeenskappe is ‘n werklike prestasie.
Lucas Radebe as Leeds United se eerste wêreld-ambassadeur aangewys