Skip to content

Doja Cat die hoofkunstenaar op Pretoria se Hey Neighbour-fees

# Die Grammy-wenner Doja Cat sal die hoofkunstenaar wees by die Hey Neighbour-musiek- en leefstylfees wat in Augustus in Pretoria gaan plaasvind. Die fees sal ‘n tipe tuiskoms wees vir Doja Cat – die verhoognaam van Amala Ratna Zandile Dlamini. Sy is die dogter van die Suid-Afrikaanse akteur Dumisani Dlamini. Feesorganiseerders sê Doja Cat se energie, kreatiwiteit en vermoë om met haar gehore aanklank te vind maak van haar die perfekte kunstenaar bo-aan die lys.