Skip to content

Sydney het wêreld se beste koffiewinkel en twee Suid-Afrikaanse kafees haal ook die lys

# Toby’s Estate Coffee Roasters in Sydney, Australië, is aangewys as die beste koffiewinkel in die wêreld. Twee Suid-Afrikaanse eetplekke is ook op die lys: Espresso Lab Microroasters in Kaapstad is elfde en The Whippet in Gauteng 89ste. Die Wêreld se 100 Beste Koffiewinkels beoordeel kafees wêreldwyd volgens ʼn verskeidenheid faktore. Dit sluit in die gehalte van koffie en kos, volhoubare praktyke en klantediens. Onyx Coffee Lab van Arkansas in Amerika is tweede en Gota Coffee Experts van Wenen in Oostenryk is derde.