Skip to content

AgriSA sal handel en volhoubaarheid bespreek op B20-beraad

# AgriSA sê hy sal hom beywer vir volhoubare landbougroei, handelsbeleide en voedselsekerheid op die B20-beraad se vergadering met sakeleiers in Kaapstad. Die uitvoerende hoof, Johann Kotzé, beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om klimaatsaanpassings en volhoubaarheid in handel te integreer, sonder om Afrika se voedselstelsel te benadeel. Hy sê AgriSA beskou dit as ‘n sleutelgeleentheid vir ekonomiese groei met 55-persent van Suid-Afrika se landbou-uitvoere wat aan G20-lande gekoppel is.