# TLU SA se Sonneblom-toekennings en mediafunksie wat in Silverton, Pretoria, plaasgevind het, gee erkenning aan joernaliste en media-organisasies wat ʼn belangrike bydrae lewer tot landboukommunikasie. Joernaliste en media-organisasies het in vier kategorieë erkenning gekry: beste bydrae in oudio-media, visuele media, gedrukte media en multimedia. TLU SA se president, Henry Geldenhuys, beklemtoon die media se onontbeerlike rol om die werklikhede van landbou aan die publiek oor te dra. Hy sê hulle het een duidelike doelwit: om landbou lewend te hou en seker te maak dit bly ʼn volhoubare ekonomiese bedrywigheid.
TLU SA se Sonneblom-toekennings plaas kollig op media se bydrae tot landbou-kommunikasie