Skip to content

Twee Suid-Afrikaanse stede onder wêreld se mededingendste vir datasentrums

# Johannesburg en Kaapstad is volgens ‘n opname onder die wêreldstede waar datasentrums die goedkoopste opgerig kan word. Ander Afrika-stede op die lys sluit in Lagos in Nigerië en Nairobi in Kenia. Navorsing deur Turner & Townsend skryf dit toe aan laer arbeidskoste, toegang tot grond en verbeterde plaaslike voorsieningskettings, wat toenemende belangstelling van beleggers lok. Die verslag waarsku egter ‘n tekort aan krag en kundige werkers is steeds groot struikelblokke. Die groeiende vraag na kunsmatige intelligensie en wolk-dienste vuur beleggings in datasentrums aan.