Skip to content

Kaapstad op die lys van wêreld se mooiste stede

# Kaapstad is aangewys as een van die wêreld se mooiste plekke om in te woon. ‘n Wêreldwye studie plaas die Moederstad agtste op ‘n lys van bestemmings met unieke en ontwerpgerigte verblyf. Dis die hoogste posisie in Afrika en plaas die stad onder die wêreld se mees gesogte reiservarings. Die navorsing het luukse verblyfkeuses in meer as 200 internasionale toeristebestemmings ontleed. Bali is eerste op die lys, gevolg deur Parys en die Yucca-vallei in Kalifornië. Londen, Los Cabos, Saint Barthélemy en Hawaii is ook onder die indrukwekkende top tien.