# Die toerisme-operateur, West Coast Way, verwag vanjaar ‘n skouspelagtige superbloei van veldblomme langs die Weskus, met vroeë tekens wat reeds in gebiede soos die Biedouw-vallei in die Wes-Kaap te sien is. Die seisoenale blomtyd, sal danksy gunstige reënval dele van die Kaapse Weskus, die Sederberge en Namakwaland in ‘n skouspel van veldblomme omskep met inheemse spesies soos madeliefies en fynbos. Die seisoenale reën is belangrik vir tydsberekening en die intensiteit van die blomtyd, wat elke jaar se skouspel vir besoekers uniek maak.
Weskus veldblommeskouspel verwag met tekens van ‘n superbloei