# BMW brei proefprojekte uit met behulp van mensagtige robotte by sy aanlegte in Duitsland en die Verenigde State as deel van pogings om produktiwiteit deur kunsmatige intelligensie te verhoog. Die maatskappy sê die robotte word getoets vir eentonige, fisiek veeleisende en presisiewerk in die vervaardiging van voertuie en batterye. BMW het positiewe resultate behaal met toetse in Suid-Carolina, waar robotte gehelp het met die vervaardiging van meer as 30-duisend voertuie. Die maatskappy sê egter sy Rosslyn-aanleg in Pretoria sal waarskynlik nie in die afsienbare toekoms sulke robotte ontplooi nie.
BMW brei proefprojekte met mensagtige robotte uit