# Die Universiteit van die Witwatersrand sal eredoktorsgrade toeken aan drie uitnemende individue ter erkenning van hul buitengewone bydraes tot onderwys, ekonomiese navorsing en regte. Die ontvangers is die stigtersdirekteur van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afstandsonderwys, Jennifer Glennie, die Afrika-ekonoom, professor Ernest Aryeetey, en die regsfilosoof en skrywer, professor David Dyzenhaus. Wits se visekanselier, professor Zeblon Vilakazi, sê die drie merkwaardige individue het blywende bydraes tot hul onderskeie velde gelewer, en kennis, navorsing en beleid bevorder wat die samelewing in die algemeen bevoordeel.
Wits vereer drie hoog aangeskrewe akademici