# Die Wes-Kaapse regering het die belangrikheid van die versterking van handels- en beleggingsbetrekkinge met Kanada herbevestig. Suid-Afrika se uitvoere na Kanada was in 2023 op 8,28-miljard-rand, met die provinsie wat ‘n beduidende bydrae lewer van altesaam 3,4-miljard-rand. Die LUR van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het onlangs met Kanada se minister van Finansies, François-Philippe Champagne, vergader. Meyer sê Kanada het tussen Januarie 2014 en Mei 2024 in 26 projekte in Suid-Afrika belê, wat altesaam 15,57-miljard-rand in kapitaaluitgawes beloop het:
Wes-Kaapse regering herbevestig pogings om handels- en beleggingsbande met Kanada te versterk [KLANK]
AFR MeyeronInvestment