# Die wenners van die Suid-Afrikaanse Studente-ontwerpkompetisie is bekend gemaak. Die kompetisie, wat die Tshwane Universiteit vir Tegnology organiseer, bring hulde aan die Italiaanse argitek Matteo Cibic. Studente se opdrag was om Cibic se werk te bestudeer en ‘n uitstalruimte te ontwerp wat Suid-Afrikaanse vakmanskap vier. Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, Gustav Pretorius en Jeanré Erasmus, het die 20-duisend-rand kontantprys gewen vir hulle werk getiteld Moving through the Making, geïnspireer deur The Dancer, een van die bekende werke van die Suid-Afrikaanse keramiekkunstenaar, Andile Dyalvane.
Wenners van SA argitektuur- en ontwerpkompetisie vir studente bekend gemaak