# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal vir Toerisme, Zurab Pololikashvili, het aangekondig dat 100 studiebeurse aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel is om onderwys en vaardigheidsontwikkeling in die toerismesektor te verhoog. Hy het op die Toerisme-ontwikkelingsberaad in Kaapstad gesê dis daarop gemik om die jeug te bemagtig om te floreer in ‘n hoogs-mededingende bedryf en inklusiewe groei te help aanvuur. Die beurse sal as deel van die breë strategie van VN-Toerisme programme aanvul soos die aanlyn akademie, insluitende die Toerismesentrum van Uitnemendheid in Zambië en die Kulinêre Kunste-akademie in Zimbabwe.
VN-Toerisme kondig 100 beurse aan vir Suid-Afrikaanse jongmense