# Die Realness Institute, in vennootskap met The StoryBoard Collective en die Canada Media Fund, het die vier Afrika-deelnemers vir die 2025 AuthenticA Series Lab aangekondig. Hulle is Ghana se storieverteller Gamel Apalayine, Nigeries-Britse digter en filmmaker, Joladé Olusanya, bekroonde Keniaanse draaiboekskrywer, Mona Ombogo, en bekroonde Egipties-Kanadese filmmaker, Reem Morsi. Die program gee draaiboekskrywers ‘n unieke geleentheid om hul oorspronklike idees in episodiese storievertelling oor enige genre te omskep. Die vier gaan aan drie byeenkomste in Suid-Afrika, Switserland en Frankryk deelneem.
Vier storievertellers van Afrika gekies om aan die 2025 AuthenticA Series Lab deel te neem