# Die tweede jaarlikse Khuma-rolpprentfees in Noordwes gaan die bekroonde en legendariese akteur, Moditle “Boikie” Pholo, vereer. Hy is veral bekend vir sy rol as Raitlhwana in the 1980’s sitkom, Lesilo Rula. Pholo spog met ʼn loopbaan van meer as vyf dekades en kry erkenning vir sy uitstaande bydrae tot die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf. Die driedaagse fees wat Woensdag in die Philemon Masinga-sportsaal begin, beloof om ʼn dinamiese geleentheid te wees wat Suid-Afrika se lewendige storievertel-tradisie vertoon.
Veteraanakteur Moditle Pholo word op Khuma-rolprentfees vereer