Skip to content

Vervaardigingsindaba in Sandton plaas Afrika-produkte in die kollig

# Die 12de Vervaardigingsindaba, Konferensie en Uitstalling wat Made in Africa-produkte in die kollig plaas, vind by die Sandton Konvensiesentrum in Johannesburg plaas. Ten spyte daarvan dat 15-persent van die wêreld se bevolking en oorvloedige grondstowwe in Afrika is, vind slegs drie-persent van die wêreld se vervaardiging hier plaas. Die tweedag-geleentheid bevorder herindustrialisasie, plaaslike produksie en ekonomiese selfstandigheid. Die indaba bring leiers, besighede, en beleidmakers in netwerk- en strategie-sessies bymekaar om werkverskaffing, volhoubaarheid, en inklusiewe groei regoor die vasteland te bevorder.