# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy straal van trots nadat twee van sy studente, Sisonke Mfeketho en Diteboho Shabalala, die eerste plek behaal het in die Johannesburgse Aandelebeurs se gesogte Universiteite-beleggingsuitdaging. Universiteitspanne word uitgenooi om aan die hoogs-mededingende uitdaging deel te neem en die opwinding van die finansiële markte te ervaar deur werklike aandelehandel na te boots. Altesaam sewe-duisend-700 studente van 110 kolleges en universiteite het deelgeneem. UWK sê Mfeketho en Shabalala het bewys dat briljantheid, durf en ‘n honger na leer ryklik beloon word.
UWK se jong beleggers wen die JSE se Beleggingsuitdaging