Skip to content

UV stel toepassing bekend om ondernemings in informele sektor en townships te ondersteun

# Die Universiteit van die Vrystaat het die Good Money Habits-toepassing bekendgestel om ondernemings in die informele sektor en townships te ondersteun. Dit is deel van ʼn navorsingsprojek van die Sentrum vir Ontwikkelings-ondersteuning wat doeltreffende maniere ondersoek om informele ondernemings te ondersteun. Dit bied 15 kort video’s aan oor praktiese, dag-tot-dag finansiële bestuur vir township- en mikro-ondernemings. Die universiteit sê die platform kan in die toekoms uitgebrei word deur inhoud in plaaslike tale te plaas om toeganklikheid te verbeter.