# ʼn Derdejaar-LLB-student aan die Universiteit van Pretoria, Kiara Ramluckun, het die Abe Bailey-reisbeurs ontvang. Dis vir ʼn opvoedkundige toer later vanjaar na Engeland en Skotland wat alle onkoste insluit. Die reisbeurs wil jong Suid-Afrikaners se horisonne verbreed deur hulle bloot te stel aan die Verenigde Koninkryk en sy universiteite waar hulle deelneem aan debatte en besprekings oor hul onderskeie samelewings en hedendaagse kwessies. Agtien kandidate uit Suid-Afrikaanse universiteite is vir die beurs gekies.
UP-regstudent onder 18 Suid-Afrikaners wat Abe Bailey-reisbeurs ontvang