# Die koor van die Universiteit van Pretoria, TUKS Camerata, gaan later dié maand die hoofuitvoering lewer op die nasionale konferensie van die Vereniging van Amerikaanse Koordirekteurs in Dallas, Texas. Die vereniging bevorder koorsang as belangrike medium vir die uitdrukking van kontemporêre kuns. TUKS Camerata, onder leiding van doktor Michael J Barrett, sal koorstukke in Suid-Afrika se inheemse tale uitvoer om insig te bied in ‘n aantal van die land se kultuurelemente.
Tuks se Camerata-koor lewer hoofuitvoering op koorkonferensie in Amerika