# Die vrugteverspreider Tru-Cape verwag sy grootste kersie-oes ooit in Ceres in die Wes-Kaap, na byna perfekte groeitoestande. Die direkteur vir Aankope, Calla du Toit sê ‘n ideale kombinasie van reënval en sonskyn het die vruggrootte en soetheid verhoog. Hy sê die 2025-oes het tot tien dae vroeg begin, wat die verkoopsvenster voor Kersfees verleng het. Du Toit beklemtoon dat Tru-Cape beplan om kersies na Europa, die Verenigde Koninkryk, en moontlik China uit te voer.
Tru-Cape verwag ‘n rekord kersie-oes hierdie seisoen in Ceres