Skip to content

Tiger Brands verbind tot R150-miljoen gemeenskapstrust in uittree-ooreenkoms

# Tiger Brands het die verkoop van sy Langeberg- en Ashton Foods-ingemaakte vrugte-onderneming aangekondig aan ‘n konsortium wat Wes-Kaapse vrugteprodusente insluit. Dit is daarop gemik om meer as drie-duisend werksgeleenthede te beskerm en te verseker dat die onderneming volhoubaar bly. As deel van die ooreenkoms sal die onderneming 150-miljoen-rand in ‘n gemeenskapstrust belê om die plaaslike Langeberg-gebied te ondersteun. Hulle sal ook 31-miljoen-rand bestee om die omgewing se geriewe op te gradeer. Die transaksie is steeds onderhewig aan regulatoriese goedkeuring en sal na verwagting later vanjaar afgehandel word.