Skip to content

Tiener van Limpopo aangewys as Mej Tienermodel Internasionaal 2025

# Mej Tiener Suid-Afrika, Pearl Mathebula, is in Peru as Mej Tienermodel Internasionaal gekroon. Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat die kompetisie wen. Die Mej Tiener Suid-Afrika-organisasie beskryf die 17-jarige van Limpopo as ‘n sprekende simbool van Suid-Afrikaanse bemagtiging en kulturele trots op die wêreldverhoog. Pearl se oorwinning word gesien as aanmoediging vir jong Suid-Afrikaanse meisies om hulle drome met vertroue en goedhartigheid na te streef.