Skip to content

The Heart is a Muscle gekies as SA se amptelike inskrywing vir die Oscars

# Imran Hamdulay se debuutrolprent, The Heart is a Muscle, is gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing in die kategorie Beste Internasionale Speelfilm by die 98ste Oscar-toekenningsaand. Die film ondersoek die bande tussen vaders en seuns en put uit ervarings spesifiek uit die Kaapse Vlakte. Die rolverdeling sluit in Keenan Arrison, Melissa De Vries en Loren Loubser. Die rolprent se première was vanjaar in die Panorama-afdeling van Berlyn en het die Ekumeniese Jurieprys gewen. Die Oscars vind op 15 Maart 2026 plaas.