# Tennis: Die Vrouetennisvereniging gaan tot 12-maande betaalde kraamverlof vir vrouespelers instel. Die gesamentlike projek tussen die WTA en Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sal minstens 320 spelers bevoordeel. Die kraam-befondsingsprogram sal spelers ook toegang gee tot toelaes vir vrugbaarheidsbehandeling, insluitend die bevriesing van eiers en in vitro-bevrugting. Die tweemalige Grand Slam-kampioen Victoria Azarenka van Belarus, wat in 2016 geboorte geskenk het aan haar seun, het aan CNN gesê hierdie is ‘n belangrike mylpaal vir spelers:
Tennis: Vroue-spelers kwalifiseer nou vir betaalde kraamverlof [KLANK]
ENG AzarenkaOnMaternityFund