# Motorsport: Motorsport South Africa has anounced the team of 34 riders selected to compete in the 2026 FIM Africa Motocross of African Nations Championship, which will take place in Windhoek, Namibia, from 28 to 30 August. The South African team will compete across eight classes, including MX 50, MX 65, MX Lites, MX 125, […]
# Motorsport: Motorsport Suid-Afrika het ‘n span van 34 jaers aangekondig wat gekies is om deel te neem aan die 2026 FIM Africa, Motocross of African Nations Championship, wat van 28 tot 30 Augustus in Windhoek, Namibië, sal plaasvind. Die Suid-Afrikaanse span sal in agt klasse meeding, insluitend MX 50, MX 65, MX Lite, MX […]
# Die Zambiese president, Hakainde Hichilema loop voor in die presidensiële verkiesing, met 58,87-persent van die stemme in 135 kiesafdelings uit 226. Verkiesingsowerhede sê Hichilema het meer as 1,5-miljoen stemme verower, voor sy vernaamste uitdager, Brian Mundubile. Hichilema benodig meer as 50-persent om ‘n algehele oorwinning te behaal. Die verkiesing was grootliks vreedsaam, hoewel die […]
# ‘n Politieke ekonoom Patrick Bond sê die Konstitusionele Hof se uitspraak wat Shell en Impact Africa verhoed om seismiese toetse langs die Wildekus uit te voer, gaan verder as om ‘n olie- en gasprojek te stop. Die hof het die uitspraak op 15 Augustus gelewer en sodoende ‘n beslissing van die Appèlhof uit 2024 […]
Die Afrika-mobiliteitsmaatskappy Moove het een van die waardevolste privaat tegnologie-ondernemings geword, met ‘n waarde van ongeveer 34-miljard-rand. Die Nigeriese maatskappy verskaf voertuigfinansiering en finansiële dienste aan mobiliteitsentrepreneurs. Die nuwe finansieringsronde van vier-miljard-rand het die waardasie daarvan meer as verdubbel van ongeveer 12,5-miljard rand in 2024. Endeavor South Africa, ‘n NRO wat privaat ondernemings in die […]
# Die DA het president Cyril Ramaphosa versoek om ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die ineenstorting van Daybreak Foods te magtig. Die adjunkwoordvoerder oor Begrotings van die DA, Andrew Bateman, sê die ondersoek moet beweerde onreëlmatige uitgawes, opgeblase regs- en bemarkingskoste, gestaakte forensiese ondersoeke en moontlike onbehoorlike voordele ondersoek. Die ineenstorting plaas na […]
# SANParke in vennootskap met die Railton-stigting, het ‘n Vergroening- en Voedselsekerheidsprogram in Swellendam in die Wes-Kaap begin. Die program het ten doel om voedselsekerheid te verbeter en ‘n volhoubare voortbestaan te skep deur gemeenskaps-voedselproduksie, vaardigheidsontwikkeling en plaaslike ekonomiese geleenthede. SANParke het ‘n kweekhuis, besproeiingsinfrastruktuur, tuinmaakgereedskap en ander toerusting verskaf. JP Louw van SANParke sê […]
# Sowat 200 lede van die groep teen onwettige immigrasie, March and March, het naby die lokaal van die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban, KwaZulu-Natal, betoog. Die betogers doen ‘n beroep op sterker optrede teen onwettige immigrasie en beplan om ‘n memorandum aan die SAOG-leiers te oorhandig. Die polisie het ‘n sterk […]
# Minstens ses mense is dood en vyf beseer in ‘n stormloop by die Ashok Dham-tempel in Bihar, Indië. Die polisie sê ‘n elektrisiteitspaal wat omgeval het, het moontlik paniek onder duisende aanbidders veroorsaak tydens die Hindoe-heilige maand van Shravan. Indië het al verskeie dodelike skare-rampe by godsdienstige byeenkomste gesien. In Januarie verlede jaar is […]