# Sowat 200 lede van die groep teen onwettige immigrasie, March and March, het naby die lokaal van die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Durban, KwaZulu-Natal, betoog. Die betogers doen ‘n beroep op sterker optrede teen onwettige immigrasie en beplan om ‘n memorandum aan die SAOG-leiers te oorhandig. Die polisie het ‘n sterk teenwoordigheid in die gebied gehandhaaf om die veiligheid van betogers en afgevaardigdes te verseker. Die leier van die groep, Jacinta Ngobese-Zuma, vra alle ongedokumenteerde buitelanders moet gedeporteer word.
Betogers teen onwettige immigrasie oorhandig ’n memorandum aan SAOG-leiers