# SANParke in vennootskap met die Railton-stigting, het ‘n Vergroening- en Voedselsekerheidsprogram in Swellendam in die Wes-Kaap begin. Die program het ten doel om voedselsekerheid te verbeter en ‘n volhoubare voortbestaan te skep deur gemeenskaps-voedselproduksie, vaardigheidsontwikkeling en plaaslike ekonomiese geleenthede. SANParke het ‘n kweekhuis, besproeiingsinfrastruktuur, tuinmaakgereedskap en ander toerusting verskaf. JP Louw van SANParke sê die Swellendam Munisipaliteit ondersteun die projek deur toegang tot die bestaande leiwater-stelsel. Hy sê die projek ondersteun tuiniers, voedingskemas en plaaslike werkgeleenthede.
SANParke begin voedselsekerheidsprogram in Swellendam