Skip to content

Moove word een van Afrika se waardevolste tegnologie-ondernemings

Die Afrika-mobiliteitsmaatskappy Moove het een van die waardevolste privaat tegnologie-ondernemings geword, met ‘n waarde van ongeveer 34-miljard-rand. Die Nigeriese maatskappy verskaf voertuigfinansiering en finansiële dienste aan mobiliteitsentrepreneurs. Die nuwe finansieringsronde van vier-miljard-rand het die waardasie daarvan meer as verdubbel van ongeveer 12,5-miljard rand in 2024. Endeavor South Africa, ‘n NRO wat privaat ondernemings in die streek fasiliteer, sê Moove se sukses beklemtoon die groeiende mag van Afrika se tegnologie- en waagkapitaalsektor en kan beleggersvertroue in ander hoëgroei-Afrika besighede ‘n hupstoot gee.