# Rugby: Die Junior Springbokke speel Sondag teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20 Rugbykampioenskap, wat in Gqeberha in die Oos-Kaap plaasvind. In die ander wedstryd by die Nelson Mandelabaai-stadion sal die Baby Blacks teen Argentinië se juniors speel. Suid-Afrika het die jong Pumas in die eerste ronde kaf gedraf en met 48-21 […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die verhoor van Willah Mudolo en vyf medebeskuldigdes sal op 4 Mei in die Hooggeregshof in Pretoria begin. Die groep staan tereg op aanklagte van afpersing, bedrog en geldwassery wat verband hou met ‘n saak waarby die selfverklaarde profeet en sakeman Shepherd Bushiri betrokke is. Die hof het pogings om […]
# Die verpleegorganisasie Denosa sê sy lede sal deelneem aan die vakbondfederasie Cosatu se Werkersdag-herdenkings om swak werksomstandighede in die openbare gesondheidsorgsektor te beklemtoon. Die organisasie doen ook ‘n beroep op die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering om toegang tot gehalte-gesondheidsorg te verbeter. Sibongiseni Delihlazo van Denosa het kommer uitgespreek oor die stygende koste van […]
# Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha van die kommissie moedig […]
# Iran het Donderdag gesê hy sal met lang en pynlike aanvalle op Amerikaanse posisies reageer as Washington die aanvalle hervat. Hy het ook sy beheer oor die Straat van Hormoes herbevestig en bemoeilik Amerikaanse planne vir ‘n koalisie om die waterweg te heropen. Twee maande sedert die begin van die VSA-Israeliese oorlog met Iran […]
# Drie van Suid-Afrika se grootste regsondernemings, Bowmans, Webber Wentzel en Werksmans, gaan volgende week die Swart Ekonomiese Bemagtiging Regssektorkode in die Hooggeregshof in Gauteng teenstaan. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het die kode in September 2024 uitgegee om die erfenis van ongeregtighede in die regsberoep onder apartheid aan te spreek. Die ondernemings […]
# Suid-Afrika sê hy bly verbind tot die vestiging en instandhouding van ʼn wêreld sonder kernwapens. Die land neem deel aan die 11de hersieningskonferensie van die Sperverdrag oor Kernwapens by die Verenigde Nasies in New York. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se verteenwoordiger, Xolisa Mabhongo, sê Suid-Afrika wil die instelling van die drie […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, is die eerste keer deur na die Madridse Ope se halfeindronde en sit sy poging voort vir ʼn vyfde agtereenvolgende ATP-meesters-een-duisend-titel. Die Italianer het die 19-jarige Spanjaard Rafael Jodar geklop en speel nou teen die Fransman Arthur Fils, wat die Tsjeg Jiri Lehecka verslaan het. In die vroue-afdeling het die […]
# Amerika se Federale Reserwe het besluit om die derde keer vanjaar rentekoerse onveranderd op 3,5- tot 3,75-persent te hou. Die sentrale bank hou rentekoerse bestendig, en skryf dit toe aan onsekerheid oor die Trump-administrasie se beleid en die konflik in die Midde-Ooste. President Trump het herhaaldelik ʼn beroep op die Federale Reserwe gedoen om […]