# Die uittredende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, Reginald Demana, erken die agentskap was nie opgewasse om die padonderhoud-tender van 9,5-miljard-rand aan ʼn paneel van 20 maatskappye toe te ken nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het die tender ongrondwetlik en onregmatig verklaar nadat twee konstruksiemaatskappye, BCB Solutions en Botle Ba Afrika Roads, SANRAL se besluit om hul bod te verwerp, uitgedaag het. Demana sê die agentskap het in verskeie hofsake tweede gekom weens probleme met sy verkrygingsprosesse en -praktyke:
SANRAL erken hy was “nie opgewasse” om padonderhoud-tender van R9,5-miljard toe te ken nie [KLANK]
ENG DemanaOnProcurement