Skip to content

Tafelberg-sweefspoor vier 96 jaar van ikoniese ritte

# Die Tafelberg-sweefspoormaatskappy vier hierdie maand sy 96ste verjaardag, wat beteken besoekers word reeds byna ‘n eeu lank na een van die nuwe sewe natuurwonders van die wêreld gelok. Meer as 32-miljoen mense het sedert 1929 die skilderagtige rit geniet. Die besturende direkteur, Wahida Parker, sê die mylpaal val saam met die “Local is Lekker”-spesiale program, wat afslagkaartjies aan Suid-Afrikaners bied. Sy beklemtoon die maatskappy gaan voor die feestyd voort met sy bewarings-, gemeenskapsopheffings- en toerisme-uitnemendheidsprojekte.