Skip to content

Tafelberg en sweefspoor benoem vir twee wêreldtitels op 2025 se Wêreldreistoekennings

# Tafelberg en sy beroemde sweefspoor in die Wes-Kaap is benoem vir twee wêreldtitels op vanjaar se Wêreld-reistoekennings. Tafelberg is benoem in die kategorie as die wêreld se voorste toeriste-trekpleister en die sweefspoor vir die wêreld se voorste sweefspoor-rit. Hulle is die enigste Suid-Afrikaanse benoemdes vanjaar. Die besturende direkteur van die Tafelberg-sweefspoormaatskappy, Wahida Paker, moedig Suid-Afrikaners aan om teen die spertyd van 26 Oktober te stem vir die sweefspoor, wat 96-jaar en meer as 32-miljoen besoekers vier.