# Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, is borgtog geweier in die Landdroshof in Musina, Limpopo. Hy staan tereg op aanklagte van poging tot diefstal en geldwassery omdat hy na bewering probeer het om twee voertuie waarop uitstaande skuld is, oor die Beitbrug-grens na Zimbabwe te smokkel. Die hof is bekommerd oor sy eerlikheid rondom onverklaarde bates en versuim om aan ‘n bevel van die Landdroshof in Pretoria te voldoen in verband met die Madlanga-kommissie. Hy is voorheen borgtog van 100-duisend-rand toegestaan, maar bly nou in aanhouding tot volgende Maandag.
Suliman Carrim word borgtog geweier oor beweerde voertuigsmokkelary en geldwassery