# Die Suid-Afrikaanse regisseur Ryan Kruger se uitdagende wetenskapfiksie-rillerkomedie Street Trash wys nou in plaaslike teaters. Dis ‘n ongebonde opvolg van die 1987-kultusrolprent met dieselfde titel. Dit speel in 2050 in Kaapstad af waar hawelose wanaangepastes ‘n sameswering onthul om armes in ‘n geheimsinnige chemikalie bekend as “V” op te los. Die rolprent het gehore wêreldwyd oorromplel op feeste in onder meer Nederland, Duitsland en Switserland. Slegs Suid-Afrikaanse akteurs is ingespan, insluitend Sean Cameron Michael, Donna Cormack-Thomson en Alex Joe Vaz.
Suid-Afrikaanse wetenskapfiksie-rillerkomedie ‘Street Trash’ wys nou in plaaslike teaters