Skip to content

Suid-Afrikaanse Perlemoen-uitvoerraad teiken Europese mark

# Die Suid-Afrikaanse Perlemoen-uitvoerraad teiken die Europese mark om uitvoere uit te brei. Die uitvoerende hoof, Rhomona Gounden, verteenwoordig die sektor op die Anuga-voedsel- en Drankhandelskou in Keulen, Duitsland, saam met 30 Suid-Afrikaanse uitstallers. Die skou, wat vandag ten einde loop, bied ‘n platform om Europese verbruikers in te lig oor perlemoen, ‘n premiumgehalte seekos wat grootliks onbekend is in die streek. Die veldtog word ondersteun deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging.