Skip to content

Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere teken 14% styging in verskeping na VSA aan

# Landbou-uitvoere in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal met tien-persent tot 60-miljard-rand gestyg. Belangrike uitvoere sluit in sitrus, wyn en druiwe. Die Landbousakekamer van Suid-Afrika se hoofekonoom, Wandile Sihlobo, sê dit word aangedryf deur beter haweprestasie en ‘n 14-persent styging in verskepings na die VSA. Sihlobo waarsku hierdie verbetering kan onder druk kom weens ‘n dreigende Amerikaanse heffing van 30-persent volgende maand. Sihlobo bly optimisties dat landbou steeds ‘n belangrike werkskepper is al dra dit slegs twee-persent by tot die BBP.