Skip to content

Suid-Afrikaanse boere verdien miljoene met handel in koolstofkrediete

# Suid-Afrikaanse boere verdien miljoene deur klimaatsvriendelike praktyke deur handel in koolstofkrediete. ‘n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans vyf-miljoen-rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. AgriCarbon se uitvoerende hoof, Herman Oelsner, sê die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle daaruit wins maak. Hy sê landbou bly kritiek vir Suid-Afrika se groen ekonomie.