Skip to content

Suid-Afrika word op Cannes-rolprentfees in Frankryk verteenwoordig

# Die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger Dian Weys sê hy hoop die land se rolprentbedryf sal aandag trek nadat sy kortfliek gekies is vir die 78ste Cannes-rolprentfees in Frankryk. Aasvoëls is saam met 11 ander uit meer as vier-duisend inskrywings gekies vir die Kortfliek-kompetisie. Die rolverdeling sluit sterre in soos Edwin van der Walt, Jill Levenberg, Albert Pretorius en Oscar Petersen. Die Suid-Afrikaanse regisseur Oliver Hermanus se fliek, The History of Sound, sal aan die Rolprent-kompetisie deelneem. Die fees duur van môre tot die 24ste van die maand.