# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, sê Suid-Afrika beywer hom by die COP31-klimaatberaad in Turkye vir groter finansiële hulp aan ontwikkelende lande. Hy sê die land werk saam met Afrika-onderhandelaars om meer geld te kry om kwesbare nasies te help om by klimaatsverandering aan te pas en vrystellings te verminder. Maynier sê ontwikkelende lande het meer hulpbronne nodig om klimaatprogramme in te stel, en veral om gemeenskappe teen die uitwerking van uiterste weerstoestande en stygende temperature te beskerm:
Suid-Afrika vra meer geld vir ontwikkelende lande [KLANK]
ENG-MaynierOnCOP31