# Die pluimveeprodusent Astral Foods waarsku dat Suid-Afrika ernstige ekonomiese gevolge kan ervaar as hy toegang tot die Amerikaanse mark verloor ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika. News24 berig die maatskappy sê hoewel plaaslike hoenderplase dalk nie regstreeks geraak sal word nie, kan ander nywerhede soos motor- en vrugte-uitvoere daaronder ly. Astral se uitvoerende hoof, Gary Arnold, sê die pluimveebedryf wil ‘n stem in handelsgesprekke hê en waarsku die regering teen oormatige handelstoegewings. AGOA moet in September hernu word.
Suid-Afrika se grootste hoenderprodusent bekommerd oor AGOA te midde van spanning met VSA