# ‘n Uroloog van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, Danelo du Plessis, het Suid-Afrika se eerste robotiese skenker-nefrektomie suksesvol by Tygerberg-hospitaal uitgevoer. Du Plessis het die Da Vinci Xi-robotstelsel gebruik om ‘n gesonde nier van ‘n 45-jarige moeder vir haar 24-jarige dogter te verwyder. Dit beteken ‘n groot sprong vir pasiëntesorg en chirurgiese vernuwing. Hy sê die minimaal- indringende chirurgie verminder die hersteltyd en die skenker is die volgende dag ontslaan:
Suid-Afrika se eerste robot-operasie op nierskenker in Tygerberg-hospitaal uitgevoer [KLANK]
ENG-DuPlessisOnSurgery